Translate Toolkit & Pootle

Tools to help you make your software local


Virtaal logo

Virtaal

Virtaal is 'n grafiese vertaalprogram. Dit is ontwerp om beide kragtig te wees en maklik om te gebruik. Alhoewel die aanvanklike fokus is op sagtewarevertaling (lokalisering of l10n), glo ons definitief dat dit nuttig sal wees vir verskeie doelwitte.

Virtaal is gebrou op die kragtige API van die Translate Toolkit. “Virtaal” is 'n Afrikaanse woordspel wat dui dat Virtaal vir taal is, maar natuurlik ook te doen het met vertaling.

Laai Virtaal af as u dit nog nie het nie. Die Windows setup.exe-installasielêer bevat alle nodige afhanklikhede. Maak seker op ander platforms dat al die nodige afhanklikhede beskikbaar is, insluitend die jongste weergawe van die Translate Toolki.

Lees meer oor die funksies in Virtaal, of kyk na die skermskote. You can also download a screencast (33MB in Ogg Theora format) to see some of these features in action.

Leer meer oor hoe om Virtaal te gebruik en 'n paar ekstra wenke vir mense wat 'n pasgemaakte installasie verlang.

Kontak

Dra by

Daar is baie maniere om by te dra tot Virtaal. Sluit aan by die poslys of IRC-kanaal om by ons aan te sluit. U kan die gebruikerkoppelvlak vertaal in u taal. Doen dit deur Virtaal te installeer en die jongste POT-lêer oop te maak. Heg dit by 'n foutverslag, of stuur dit aan een van die programmeerders.

Sluit gerus by ons aan deur Virtaal te versprei deur inligting met mense te deel, dokumentasie te skryf, of deur te verpak vir meer platforms.

Indien u wil bydra tot Virtaal deur te programmeer, begin deur die instruksies op die volgende bladsye te lees: