Translate Toolkit & Pootle

Tools to help you make your software local

User Tools


Pootle se HOE: hoe om dit te gebruik

Omtrent Pootle

Die naam staan vir PO-based Online Translation / Localisation Engine, maar u wil dalk hierdie lees. Pootle is 'n webportaal wat mens makliker laat vertaal. Pootle is Vrye Sagteware onder die GPL, en mens kan dit aflaai en 'n eie kopie loop as mens wil. Mens kan ook op baie maniere help met die ontwikkeling (mens hoef nie te programmeer nie). Die Pootle-projek word gehuisves by http://translate.sourceforge.net waar daar meer inligting is oor bronkode, poslyste, ens.

Registrasie

Alhoewel almal die lêers kan sien, kan slegs geregistreerde gebruikers hulle wysig en erkenning vir hulle werk kry. Dus moet mens eerstens registreer om te kan vertaal.

You can register following two simple steps, providing you have a current e-mail address:

  1. Fill in your User Name, Password and a valid E-mail account, choose “Register” and an activation code will be sent to the e-mail address you've provided.
  2. Wanneer u die aktiveringskode en aanmelddetail per e-pos ontvang, gaan na die aktiveringsblad en vul dié detail in. Kies “Aktiveer rekening” en u rekening sal geaktiveer word.

Aanmelding en opstel van die gebruikerblad

Noudat u 'n geregistreerde gebruiker is, meld aan by Pootle.

Na aanmelding word u gebruikerblad gewys met skakels na die tale en projekte wat u gekies het. Kies “Verander keuses” om u gebruikerblad te wysig, en kies “My rekening” om na die gebruikerblad terug te keer.

Beweging deur die lêerstruktuur

Nou dat die gebruikerblad opgestel is, kan u die verlangde lêers direk bereik deur die skakels op die blad. 'n Ander manier om die lêers vir vertaling te kry is deur die tuisblad. Die tuisblad wys twee kategorieë - Tale en Projekte. Deur 'n taal te kies sal 'n lys van al die projekte beskikbaar vir vertaling in daardie taal wys; deur 'n projek te kies sal 'n lys van tale wys waarin dié projek vertaal kan word. As mens beide die projek en die taal gekies het, word die lêers vir vertaling gewys.

Aanlyn vertaling met Pootle

Elke lêer vir vertaling is beskikbaar op twee maniere - “Snelvertaal” wys net die wasige en onvertaalde inskrywings, terwyl “Vertaal alles” al die inskrywings in 'n lêer sal wys, ongeag of dit vertaal is of nie. In albei gevalle word 'n tabel met twee kolomme gewys, met stringe wat vertaal moet word aan die linkerkant en die huidige vertaling aan die regterkant.

Die huidige eenheid vir vertaling sal verskyn met die keuses “Slaan oor” en “Stel voor” of “Dien in” daaronder. Mens kan dan natuurlik teks in die teksboks tik en indien, of oorslaan en na die volgende inskrywing gaan.

Mens kan ook enigeen van die ander inskrywings bereik wat gewys word deur die muis oor die inskrywing te laat sweef en dan aan die regterkant te klik op die “Wysig”-opdrag wat verskyn.

Ander hulpbronne by Pootle

Afgesien van die bogenoemde, kan mens ook 'n PO-lêer aflaai, of die XLIFF- of CSV-weergawe. Mens kan die PO- of XLIFF-lêer aflyn vertaal in mens se gunsteling vertaalprogram en dit weer oplaai. Vir multilêerprojekte kan mens 'n ZIP-lêer aflaai met al die PO-lêers in 'n gids en dan weer die ZIP-lêer oplaai met die vertaalde PO-lêers.